Alle Regte Voorbehou ©  www.barneace.co.za

CD VRYSTELLINGS

DVD VRYSTELLINGS

WELKOM

Beste vriend en vriendin


Word gegroet in die wonderlike naam van onse Here Jesus.  Ek is ’n gospelsangeres en bly in Port Elizabeth, Suid-Afrika.  Die Here het my in 1995 geroep om voltyds in my sangbediening in te beweeg.  Ten spyte van persoonlike terugslae, verliese en aanslae het my geloof in God en die sekerheid dat Hy werklik is, my deurgedra.  Die Here het my siel gered op ’n jonge ouderdom van 12 jaar oud en van daardie dag het ek nog liewer en liewer vir Hom geword.  Vandag bly Hy nog my Eerste liefde en die Een waarom my hele lewe draai.


Deur my getuienis en sang beoefen ek ’n bediening van bemoediging en poog ek om deur die leiding van die Heilige Gees ’n instrument in die Meester se hand te wees wat ander oprig, hoop gee en bemoedig.  Verder gebruik ek die Woord om mense toe te rus vir ’n WANDEL MET DIE HERE.


Ek het reeds deur die genade van die Here 17 cd’s en 4 DVD’s vrygestel.  Besoek my vrystellings skakel vir meer inligting.  My musiek word ook op verskeie radiostasies gespeel, onder andere:  Rado Kingfisher, BayFM 107.9, Radio Tygerberg, Radio Panorama, Radio Kansel, Radio Grahamstad, Radio Wes-Rand, Radio Suid-Kaap, PE 97.6 en Radio Namakwaland.


Ek is beskikbaar vir optredes op bespreking.  Kontak my gerus om my beskikbaarheid vir jou funksie vas te stel.  Saam met Jesus kan ons jou funksie ’n lewensveranderende ervaring maak.


Jou vriendin in Christus.

Sien al my fotosSien al my CD vrystellingsSien al my DVD vrystellings